012 325 0117 admin@nhsv.org.za

Publikasies

Skakels

Nederduitsch Hervormde Sustersvereniging (NHSV)

Leuse:
“Wees ‘n seën”

R

Gehoorsaam

In gehoorsaamheid aan die Woord van God

R

Ooreenstemmend

In ooreenstemming met die belydenis van die NH Kerk

R

Getrou

Prioriteite

Plaaslik

  • Ons Tuis
  • Studielenings
  • Jeugwerk
  • HB takke woon Ringsvergaderings  by en doen gesamentlike projekte
W

Nasionaal

  • Ons Tuis
  • Studielenings
  • Jeugwerk
  • HB takke woon Ringsvergaderings by en doen gesamentlike projekte

Gemeentevlak

  • Gemeentebou
  • NHSV bevordering
  • Gemeentebefondsing
  • Jeugwerk en siekebesoek
  • Samewerking met diakens t.o.v. gesamentlike projekte

Die volgende prioriteite word herbevestig:

 

Barmhartigheidsdiens op nasionale vlak

Ongeveer 220 verswakte bejaardes word tans in die Monumenttehuise (tehuise vir bejaardes) van die NHSV versorg. Huisvesting word verskaf aan ongeveer 535 bejaardes en nagenoeg 120 bejaardes woon in woonstelle van die Monumenttehuise. Omtrent 132 bejaardes word by die dienssentrum van hulp voorsien en ongeveer 145 persone word gehelp deur middel van die uitreikingsaksies by twee tehuise.

Die NHSV beskik oor ‘n Beurs- en Leningsfonds wat beurse en lenings aan Nederduitsch Hervormde Kerk studente verskaf.

Bevordering van gemeentelike en kerklike belange en barmhartigheidsdiens op plaaslike vlak

Die NHSV is ingestel op die ondersteuning aan Nederduitsch Hervormde Kerk gemeentes op alle terreine, bevordering en uitbouing van die NHSV asook hulp ten opsigte van gemeentebefondsing.

Ondersteuning aan die Nederduitsch Hervormde Kerk

Die NHSV bied ook ondersteuning aan die Kerk in die breë op verskillende terreine en sal steeds voortgaan om in die Kerk ‘n seën te wees.

Korporatiewe Identiteit

5

vrouelidmate geestelik te verryk,toe te rus vir hul dienswerk en onderlinge verbondenheid te bevorder

5

persone in nood te versorg

5

die belange van die gemeente en die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika te bevorder 

5

fondse in te samel om bogenoemde doelstellings te bereik

Doel van fondsinsameling

Barmhartigheidsdiens

Funksie as diakonale diensorgaan van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika

Die NHSV verrig sy werk as diakonale diensorgaan ooreenkomstig die bepalings van die Kerkorde van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika en volgens die NHSV Konstitusie.

As diensorgaan van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika, streef die NHSV om binne die NHSV, gemeentes, die Kerk in die breë en die gemeenskap diensbaar te wees en om op ‘n tasbare wyse uitvoering te gee aan sy doelstellings.

NHSV lied

Kom, susters, slaan die hande
steeds vaster in mekaar;
tot troue liefdesarbeid
óm Christus ons geskaar.

Ons eerste taak en roeping
is, na sy Woord en Gees,
om van ons huisgesinne
die siel en son te wees.

Maar is daar nie ons nasie –
die groter huisgesin?
En stuur die Heiland ons nie
die groter wêreld in?

Ons kerk, die kosb’re erf’nis
van vrome voorgeslag,
vra ons vereende kragte;
ons trou en liefdemag.

Heer maak U ons gewillig,
gee U ons strydensmoed,
snoer U die liefdebande –
bly U ons hoogste goed.

Wil by ons swakke pogings
U liefde ons laat blyk,
en deur ons diens bevorder
U heerlik Koninkryk.

Woorde: Prof. B. Gemser.
Musiek: W. Mathlener.