
Nederduitsch Hervormde Sustersvereniging (NHSV)
Leuse:
“Wees ‘n seën”
Gehoorsaam
In gehoorsaamheid aan die Woord van God
Ooreenstemmend
In ooreenstemming met die belydenis van die NH Kerk
Getrou
Prioriteite
Plaaslik
- Ons Tuis
- Studielenings
- Jeugwerk
- HB takke woon Ringsvergaderings by en doen gesamentlike projekte
Nasionaal
- Ons Tuis
- Studielenings
- Jeugwerk
- HB takke woon Ringsvergaderings by en doen gesamentlike projekte
Gemeentevlak
- Gemeentebou
- NHSV bevordering
- Gemeentebefondsing
- Jeugwerk en siekebesoek
- Samewerking met diakens t.o.v. gesamentlike projekte
Die volgende prioriteite word herbevestig:
Barmhartigheidsdiens op nasionale vlak
Ongeveer 310 verswakte bejaardes word tans in die Ons Tuis tehuise vir bejaardes versorg in drie provinsies by Ons Tuis Riviera (Gauteng), Ons Tuis AMOT (Freestate) en Ons Tuis Piet Potgieter (Limpopo). Behuising en huisvesting, wat huur en losies insluit, word verskaf aan ongeveer 465 selfsorgende bejaardes in Gauteng by Ons Tuis Machteld Postmus, Ons Tuis Emily Hobhouse, Annie Schilz, Uit en Tuis en Evelyn Vermooten woonstelle by Ons Tuis Seniorstuis, Ons Tuis AMOT (Freestate) en Ons Tuis Piet Potgieter (Limpopo). Ongeveer 30 persone word maandeliks gehelp deur middel van uitreikingsaksies by Ons Tuis Riviera (Gauteng).
Die NHSV beskik oor ‘n Studieleningsfonds wat beurse en lenings aan Nederduitsch Hervormde Kerk studente verskaf.
Bevordering van gemeentelike en kerklike belange en barmhartigheidsdiens op plaaslike vlak
Die NHSV is ingestel op die ondersteuning aan Nederduitsch Hervormde Kerk gemeentes op alle terreine, bevordering en uitbouing van die NHSV asook hulp ten opsigte van gemeentebefondsing.
Ondersteuning aan die Nederduitsch Hervormde Kerk
Die NHSV bied ook ondersteuning aan die Kerk in die breë op verskillende terreine en sal steeds voortgaan om in die Kerk ‘n seën te wees.
vrouelidmate geestelik te verryk, toe te rus vir hul dienswerk en onderlinge verbondenheid te bevorder
vrouelidmate geestelik te verryk, toe te rus vir hul dienswerk en onderlinge verbondenheid te bevorder
persone in nood te versorg
die belange van die gemeente en die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika te bevorder
fondse in te samel om bogenoemde doelstellings te bereik
Doel van fondsinsameling
Barmhartigheidsdiens
Funksie as diakonale diensorgaan van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika
Die NHSV verrig haar werk as diensorgaan ooreenkomstig die bepalings van die Kerkorde van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika en volgens die NHSV Konstitusie.
As diensorgaan van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika, streef die NHSV om binne die NHSV, gemeentes, die Kerk in die breë en die gemeenskap diensbaar te wees en om op ‘n tasbare wyse uitvoering te gee aan haar doelstellings.
NHSV lied
Kom, susters, slaan die hande
steeds vaster in mekaar;
tot troue liefdesarbeid
óm Christus ons geskaar.
Ons eerste taak en roeping
is, na sy Woord en Gees,
om van ons huisgesinne
die siel en son te wees.
Maar is daar nie ons nasie –
die groter huisgesin?
En stuur die Heiland ons nie
die groter wêreld in?
Ons kerk, die kosb’re erf’nis
van vrome voorgeslag,
vra ons vereende kragte;
ons trou en liefdemag.
Heer maak U ons gewillig,
gee U ons strydensmoed,
snoer U die liefdebande –
bly U ons hoogste goed.
Wil by ons swakke pogings
U liefde ons laat blyk,
en deur ons diens bevorder
U heerlik Koninkryk.
Woorde: Prof. B. Gemser.
Musiek: W. Mathlener.